In al ons strewe, vasberade,
met helder oog en vaste hand.
Dit word weerspieël in al ons dade
Rig ons ons oog op beter strand.
Die skone uit ons volksverlede
sal ons blymoedig voorwaarts dra.
Die dure pligte van die hede
verrig ons sonder om te kla.
- Dr M H O Kloppers
Geskiedenis van ons skool:Ons skool is gestig op 11 April 1916 met 199 leerders. Die naam was eers Randgateskool. Mnr Radloff was die eerste skoolhoof. In 1949, tydens die Rapportryerfeeste, word die naam verander na Laerskool Rapportryer. Die leuse "Fier en Vasberade" en die skoolwapen wat 'n perdruiter uitbeeld, kom ook uit hierdie tydperk. Die skoollied se woorde en musiek word deur Dr Kloppers, ook 'n vorige skoolhoof, geskryf. |
![]() |
![]() |
![]() |
Ons herdenk 'n baie besondere 90 jaar!
Op 14 Mei hou ons 'n Gedenkdiens, gelewer deur Ds Nico van Rensburg, wat beklemtoon dat die Here groot dinge vir ons gedoen het.
'n Reünie van oud-Rappies vind plaas op 2 September en hiertydens word ou bande opgetel en ver teruggedink! Hierdie dag word afgesluit met 'n bring en braai en optrede deur Jacques de Coning.
Die hoogtepunte is egter op 8 September, die pretdag, wat gratis aan alle leerders gebied word, asook die doodblaas van 90 kersies en dan natuurlik verjaarsdagkoek eet!